Sea La Vie is ‘n selfsorg vakansiehuis in Yzerfontein en bied gehalteverblyf aan ‘n gesin of groepie vriende wat wil ontspan en die seesig wil geniet. Dit is in ‘n rustige woonbuurt geleë, stapafstand van die strand en op ‘n mooi dag voltooi Tafelberg die prentjie. Dit is ongeveer 2.5km vanaf verskeie winkels, restaurante en besienswaardighede, asook genoeg doendinge om jou nie verveeld te laat nie.
Die vakansiehuis beskik oor 3 slaapkamers en bied slaapplek aan 7 gaste. Elke slaapkamer het ‘n dubbelbed en daar is ‘n enkelslaapbank in die leefarea. Die hoofslaapkamer het ‘n en suite-badkamer met ‘n stort, toilet en ‘n wasbak. Daar is ‘n tweede aparte badkamer met ‘n stort, toilet en ‘n wasbak.
Die kombuis is met ‘n stoof, yskas, vrieskas, mikrogolfoond, skottelgoedwasser, tee- en koffiemaakgeriewe, breekware en eetgerei toegerus. Die sitkamer het gemaklike rusbanke en ‘n etenstafel waar gaste kan aansit en hul maaltye geniet. Braaigeriewe is beskikbaar en jy het ‘n keuse of jy die see wil sien of die koppie met die mooi Weskus fynbos wanneer jy jou vuur aansteek. Linne, handdoeke asook strandhanddoeke word voorsien.
Leave a Reply